Spring na inhoud

8 JUNIE 2017
RUSLAND

President Putin gee ouerskap-toekenning aan Jehovah se Getuies

President Putin gee ouerskap-toekenning aan Jehovah se Getuies

NEW YORK—Op 31 Mei 2017 het die Russiese president Vladimir Putin, gedurende ’n geleentheid by die Kremlin in Moskou, die “Voorbeeldige ouers”-toekenning aan Waleri en Tatiana Nowik gegee. Hulle is Getuies van Jehovah in Karelia en hulle het agt kinders.

Die geleentheid het die aand voor Internasionale Kinderdag by die Kremlin plaasgevind.

Die “Voorbeeldige ouers”-toekenning is in Mei 2008 deur die president ingestel. Rusland vereer ouers met hierdie toekenning wanneer hulle ten minste sewe kinders grootgemaak het en baie moeite gedoen het met hulle gesin se opvoeding en gesondheid, asook hulle fisiese, verstandelike en sedelike ontwikkeling. Gesinne wat hierdie toekenning ontvang, word beskou as ’n goeie voorbeeld wat deur ander gesinne gevolg kan word.

President Putin gee die “Voorbeeldige ouers”-toekenning aan Waleri Nowik, ’n pa van agt kinders.

David A. Semonian, ’n woordvoerder van Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier, sê: “Hierdie toekenning is vir ons ’n bewys van die feit dat die gratis Bybelonderrigting wat deur Jehovah se Getuies voorsien word, ouers en hulle kinders help om produktiewe burgers te wees, nie net in Rusland nie maar regoor die wêreld. Ons hoop dat hierdie toekenning deur President Putin op 17 Julie 2017 in ag geneem sal word. Rusland se Hooggeregshof sal dan die beslissing om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland te likwideer, hersien.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000