Spring na inhoud

17 APRIL 2018
RUSLAND

Hof verhoor appèlsaak teen Russiese regering wat Getuies se nasionale kantoor wil afvat

Hof verhoor appèlsaak teen Russiese regering wat Getuies se nasionale kantoor wil afvat

Op 3 Mei 2018 sal ’n appèlsaak deur Jehovah se Getuies teen ’n beslissing om hulle vorige nasionale kantoor in Rusland af te neem, in die stadshof van Sint Petersburg begin. As die Getuies hierdie appèlsaak verloor, is die beslissing dadelik van krag en sal die Staat onmiddellik die eiendom in besit kan neem.

Vroeër het die Sestroretski-streekhof bewyse geïgnoreer dat die Getuies se kantoor deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië (WTPA) besit word, ’n niewinsgewende maatskappy in die Verenigde State. WTPA besit en betaal belasting op die eiendom al 17 jaar lank. Maar op 7 Desember 2017 het die streekhof die WTPA se kontrak van eienaarskap ongeldig verklaar. As die Getuies die appèlsaak verloor en alle moontlike regstappe in Rusland geneem het, sal hulle hierdie ernstige ongeregtigheid na die Europese Hof van Menseregte moet neem.

Verhore begin op 3 Mei 2018 om 11:30 in die stadshof van Sint Petersburg, Basseinaja-straat 6, St. Petersburg, Rusland.