Spring na inhoud

26 OKTOBER 2016
RUSLAND

Hooggeregshof van die Russiese Federasie beperk die aanbidding van Jehovah se Getuies verder

Hooggeregshof van die Russiese Federasie beperk die aanbidding van Jehovah se Getuies verder

Op 18 Oktober 2016 het die Hooggeregshof van die Russiese Federasie die uitspraak van ’n laer hof gehandhaaf om ’n plaaslike regsentiteit van Jehovah se Getuies in Orel te ontbind op aanklag van “ekstremisme”. Dit is die sewende plaaslike regsentiteit van die Getuies wat deur Russiese howe ontbind is. In elkeen van hierdie gevalle was die wetgewing op ekstremisme verkeerdelik op die aanbidding van Jehovah se Getuies toegepas.

Die plaaslike owerheid in Orel het voorheen probeer om vervalste bewyse te gebruik om die regsentiteit in Orel te ontbind. Toe hierdie pogings misluk, het die Departement van Justisie in Mei 2016 ’n klag ingedien wat beweer dat die regsentiteit in Orel ’n “ekstremistiese” organisasie is.

Hierdie saak is betekenisvol omdat die regsentiteit in Orel die eerste een is wat ’n waarskuwing ontvang het en ontbind is sedert die kantoor van die hoofaanklaer in Maart 2016 ’n waarskuwing aan die Getuies se nasionale kantoor gerig het.