17 FEBRUARIE 2017
RUSLAND
Hooggeregshof in Rusland ontbind nog ’n regsentiteit op aanklag van ekstremisme
Op 9 Februarie 2017 het die Hooggeregshof van die Russiese Federasie beslis dat die Plaaslike Godsdiensorganisasie van Jehovah se Getuies (LRO) in Birobidzjan ontbind moet word. Die hof het die beslissing van ’n laer hof gehandhaaf. Die laerhof het beslis dat die LRO ekstremisties is en die godsdiensbedrywighede daarvan verbied.
Die beslissing is op valse getuienis gebaseer. In Februarie 2015 en Januarie 2016 het polisiebeamptes godsdienslektuur wat verban is, in ’n gebou versteek wat die Getuies vir hulle godsdiensaanbidding huur, en die publikasies toe daar “ontdek”. Tydens die voorval in Januarie het gemaskerde polisiebeamptes ’n godsdiensvergadering ontwrig en lektuur onder ’n stoel versteek in die teenwoordigheid van diegene wat daar was.
Die LRO in Birobidzjan is in die Joodse selfregerende streek van Rusland. Dit is die eerste LRO wat ontbind is sedert die Stadshof van Moskou beslis het dat die Hoofaanklaer se waarskuwing aan die Getuies se nasionale hoofkwartier toegepas moet word.