Spring na inhoud

29 NOVEMBER 2016
RUSLAND

Gevang op video: Russiese owerheid se openlike poging om bewyse te vervals

Gevang op video: Russiese owerheid se openlike poging om bewyse te vervals

Die Russiese owerheid het hulle pogings verskerp om bewyse te vervals om aanklagte van ekstremisme teen Jehovah se Getuies te regverdig. Hierdie optrede het veral toegeneem sedert die kantoor van die hoofaanklaer ’n waarskuwing uitgereik het waarin hulle dreig om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies te ontbind.

Die volgende video, van www.jw-russia.org wat in Engels oorgeklank is, wys hoe wetstoepassings-owerhede in Nezlobnaja openlik bewyse vervals.