Spring na inhoud

5 APRIL 2017
RUSLAND

Die saak duur voort om Jehovah se Getuies in Rusland te verban

Die saak duur voort om Jehovah se Getuies in Rusland te verban

Die Hooggeregshof in Rusland het verdaag nadat hulle mosies en redenasies oorweeg het in die saak om Jehovah se Getuies te verban. Die aansoek, wat deur die Departement van Justisie ingedien is, wil “die godsdiensorganisasie, die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies, as ekstremisties verklaar, hulle bedrywighede verban en hulle likwideer”. Die Hof sal op 6 April 2017 om 14:00 die saak verder verhoor.

Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, was by die verhoor en het gesê: “Dit is ontstellend dat die Hooggeregshof die meeste mosies deur die Administratiewe Sentrum afgewys of verwerp het. Verteenwoordigers van baie ambassades en menseregte-organisasies was by hierdie verhoor. Die hele wêreld hou die saak dop.”