Spring na inhoud

1 JUNIE 2015
RUSLAND

Deurslaggewende beslissing in die Taganrog-strafsaak word binnekort verwag

Deurslaggewende beslissing in die Taganrog-strafsaak word binnekort verwag

Die herverhoor van 16 Getuies van Jehovah in Taganrog, Rusland, wat in Januarie 2015 begin het, is nou al ses maande aan die gang. Die Getuies sal moontlik tronkstrawwe en boetes opgelê word bloot omdat hulle hulle godsdiens beoefen.

Hulle strafregtelike verhoor het op 13 Mei 2013 begin, nadat hulle van ekstremistiese bedrywighede beskuldig is. Die verhoorhof het sewe Getuies ’n boete opgelê, en vier ’n swaar tronkstraf, maar die regter het die voltrekking van die vonnis uitgestel. Op 12 Desember 2014 het die appèlhof op versoek van die aanklaer beslis dat daar ’n herverhoor moet wees. Jehovah se Getuies verwag dat die nuwe beslissing teen einde Junie gelewer sal word.