Spring na inhoud

4 JULIE 2014
RUSLAND

Jehovah se Getuies staan tereg in Taganrog

Jehovah se Getuies staan tereg in Taganrog

Die kriminele verhoor van 16 van Jehovah se Getuies in Taganrog, Rusland—wat al 14 maande aan die gang is—duur steeds in Julie 2014 voort. Gedurende die verrigtinge het die hof meer as 60 “bewysstukke” ondersoek wat meestal bestaan het uit opnames van godsdiensvergaderinge, gebede en Bybelvoorlesings—dieselfde godsdiensvergaderinge wat Jehovah se Getuies wêreldwyd hou.

Die beskuldigdes en 800 ander Getuies in Taganrog se reg op godsdiensvryheid is in die gedrang. Al 16 Getuies het getuig dat hulle nie hulle geloof sal prysgee nie en dat hulle sal aanhou om God as Jehovah se Getuies te aanbid, ongeag die uitkoms van die hofsaak.

Die video vestig die aandag op party van die beskuldigdes en hulle prokureurs in hulle stryd om hulle kosbare vryheid van aanbidding te bewaar ten spyte van onregverdige kriminele vervolging.