Spring na inhoud

15 JUNIE 2018
RUSLAND

Rusland vat takkantoor se eiendom af

Rusland vat takkantoor se eiendom af

Op 3 Mei 2018 het die stadshof van Sint Petersburg gebly by die beslissing wat in Desember 2017 gelewer is. Dit laat die Russiese regering toe om ons takkantoor in Solnetsjnoje, Rusland, onmiddellik af te vat. Net voor die appèlverhoor praat ’n joernalis, ’n godsdienskenner en twee Getuie-prokureurs oor die feit dat die regering besig is om onregverdig op te tree. ’n Paartjie wat gehelp het om die takkantoor te bou, verduidelik ook wat die eiendom vir hulle beteken het.