Spring na inhoud

22 AUGUSTUS 2018
RUSLAND

In die tronk, nou onder huisarres

In die tronk, nou onder huisarres

Twee van die broers wat onlangs onder huisarres geplaas is saam met hulle prokureurs. Van links na regs: prokureur Witali Swintsof, Wladimir Kotsjnef, Aleksandr Soeworof en prokureur Egiazar Tsjernikof.

Op 3 Augustus 2018 het regter Inna Jangoebajewa van die Leninski-streekhof in Orenburg, Rusland, beslis dat broer Wladimir Kotsjnef en Aleksandr Soeworof onder huisarres geplaas word nadat hulle 78 dae in die tronk was. Op dieselfde dag is broer Konstantin Petrof deur die Magadan-streekhof ook onder huisarres geplaas nadat hy 64 dae in die tronk was. Hoewel ons dankbaar is dat ons drie broers nie meer in die tronk is nie, moet hulle saak nog verhoor word, en as hulle skuldig bevind word, kan hulle tot tien jaar tronkstraf gevonnis word.

Teen 16 Augustus was daar 9 Getuies onder huisarres en 25 Getuies regdeur Rusland in die tronk. Nog 30 broers en susters moes ’n dokument teken wat hulle verhoed om hulle tuisdorp te verlaat sonder toestemming van die plaaslike owerheid. Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid wat deur baie moeilike tye in Rusland gaan. — 2 Korintiërs 1:11.