Spring na inhoud

28 JUNIE 2016
RUSLAND

Uitspraak hangende oor waarskuwing om Getuies se hoofkantoor in Rusland toe te maak

Uitspraak hangende oor waarskuwing om Getuies se hoofkantoor in Rusland toe te maak

Die Twer-streekhof in Moskou sal binnekort ’n uitspraak lewer in ’n saak waar Jehovah se Getuies in Rusland appèl aangeteken het teen aggressiewe pogings om hulle nasionale kantoor toe te maak. Die hoofaanklaer se kantoor het ’n waarskuwing uitgereik waarin hulle dreig om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland te likwideer weens beweerde “ekstremistiese bedrywigheid”.

Jehovah se Getuies vra dat die hof die aanklaer se waarskuwing as onwettig verklaar. Dit kom neer op inmenging met die Getuies se godsdiensvryheid en is gegrond op ’n doelbewuste wantoepassing van Rusland se wet op ekstremistiese bedrywighede.

“Ons het nog nooit aan ekstremistiese bedrywighede deelgeneem nie”, sê Wasili Kalin, ’n verteenwoordiger van die Administratiewe Sentrum. “Ons hoop dat die hof hierdie onreg sal regstel.”