5 DESEMBER 2017
RUSLAND
Verhoor begin waar beslis word of staat Getuies se nasionale kantoor in Rusland kan afvat
Die Russiese regering gaan voort met hulle pogings om die eiendomme af te vat wat deur die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies gebruik word in Solnetsjnoje, naby St. Petersburg.
Die Hooggeregshof se beslissing op 20 April 2017 het beveel dat die Getuies se regsentiteite gelikwideer moet word en dat hulle eiendomme afgevat moet word, insluitende die eiendomme wat deur die Administratiewe Sentrum gebruik word. Maar hierdie eiendom word besit deur ’n Amerikaanse entiteit — Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië (WTPA). Daar is ’n kontrak wat wys dat die eiendom wettiglik aan WTPA oorgedra is. Die aanklaer probeer nou om hierdie kontrak wat al 17 jaar oud is, ongeldig te verklaar. Die geldigheid van die kontrak was nooit bevraagteken voor die beslissing van die Hooggeregshof nie. Die WTPA betaal belasting op die eiendom al vandat dit oorgedra is. Die regering doen nou alles wat hulle kan al is dit verkeerd sodat hulle die eiendom kan afvat.
By die voorlopige verhoor op 29 November 2017 het die regter al die mosies wat die Getuies se regsgeleerdes ingedien het, afgekeur. Dit het dit moontlik gemaak vir die aanklaer om sy saak verder te vat. Behalwe vir die potensiële verlies van eiendom, wat miljoene werd is, was die Sentrum ’n woonplek vir amper 400 Russiese burgers en uitlanders. Party van hulle het 20 jaar of langer daar gebly. Hulle is getraumatiseer omdat hulle moes trek en omdat hulle vrywillige diens vir hulle mede-gelowiges ontwrig is.
Die saak is verhoor op 7 Desember 2017 om 14:00 in die Sestroretski-streekhof in St. Petersburg.