Spring na inhoud

27 JULIE 2017
RUSLAND

Rusland probeer om die Bybel as “ekstremisties” te verklaar

Rusland probeer om die Bybel as “ekstremisties” te verklaar

JONGSTE NUUS: Die stadshof in Vyborg het die saak tot 9 Augustus 2017 uitgestel.

Op 28 Julie 2017 het die saak voortgegaan in die stadshof in Vyborg om die New World Translation of the Holy Scriptures, wat deur Jehovah se Getuies in Russies uitgegee word, as “ekstremisties” te verklaar. Die saak is in April 2016 uitgestel nadat die regter ten gunste van die aanklaer van vervoer vir Leningrad-Finljandski beslis het. Die aanklaer het gevra dat die hof ’n “deskundige ondersoek” van die New World Translation laat doen sodat dit as “ekstremisties” verklaar kan word.

Die ondersoek is uiteindelik voltooi en die bevindinge is op 22 Junie 2017 by die hof ingedien. Dit het die Getuies glad nie verbaas dat die ondersoek die verklaring dat die Bybel ’n “ekstremistiese” publikasie is, ondersteun het nie. Volgens die ondersoek word daar beweer dat die New World Translation “nie ’n Bybel” is nie. Maar dit is net ’n poging om die Wet op die Teëwerking van Ekstremistiese Bedrywighede te omseil. Volgens hierdie wet mag heilige tekste, soos die Bybel, nie as ekstremisties verklaar word nie. Verder is die bevindinge van die “deskundige ondersoek” op godsdiens gegrond. In die ondersoek word daar beswaar gemaak teen die feit dat die New World Translation die Tetragrammaton * as “Jehovah” weergee. Daar word ook valslik beweer dat die teks verander is om by die Getuies se leerstellings te pas.

^ par. 3 Die Tetragrammaton is vier Hebreeuse letters (יהוה). Dit is God se naam wat getranslitereer word as YHWH of JHVH en dit kom omtrent 7 000 keer in die Hebreeuse Geskrifte voor.