Spring na inhoud

12 APRIL 2017
RUSLAND

Hooggeregshof luister na Jehovah se Getuies se argumente teen die voorgestelde verbod

Hooggeregshof luister na Jehovah se Getuies se argumente teen die voorgestelde verbod

Op 12 April 2017 het die saak om Jehovah se Getuies in Rusland te verban, ’n vierde dag in die Hooggeregshof voortgegaan. Regsgeleerdes wat die Getuies se Administratiewe Sentrum verteenwoordig, het aangevoer dat die Departement van Justisie se aansoek Rusland se internasionale ooreenkomste sowel as sy eie grondwet skend.

Die regsgeleerdes het gesê dat die verbod waarop die Departement van Justisie aandring, in stryd is met internasionale wetgewing, insluitende die Europese Konvensie en die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte. Hierdie ooreenkomste sowel as Rusland se eie grondwet waarborg gewetensvryheid, godsdiensvryheid, vryheid van spraak, die reg om vryelik te vergader en die reg om wetlike verenigings te vorm.

Vier Getuies van Jehovah het in die Hof getuig dat hulle gemeentes nie publikasies op die Federale Lys van Ekstremistiese Materiaal gebruik nie en dat Getuies glad nie ekstremisties is nie. Die Hof het verdaag en die saak sal op 19 April 2017 om 10:00 voortgaan.