Spring na inhoud

7 APRIL 2017
RUSLAND

Die saak om Jehovah se Getuies te verban, gaan vir ’n derde dag voort

Die saak om Jehovah se Getuies te verban, gaan vir ’n derde dag voort

Die saak om Jehovah se Getuies in Rusland te verban, het vir ’n derde dag voortgegaan in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie. Onder diegene wat in die hof getuig het, was twee direkteure van die Administratiewe Sentrum. Hulle het beswaar aangeteken teen die klag wat die Departement van Justisie teen Jehovah se Getuies ingedien het.

Sergei Tsjerepanof het beswaar gemaak teen die Departement se eis dat die Administratiewe Sentrum moet ophou om die wet op ekstremisme te oortree. Maar die Departement het nooit verduidelik hoe die Administratiewe Sentrum blykbaar die wet oortree het of hoe hulle oortreding van die wet kon vermy nie. ’n Ander direkteur, Wasili Kalin, het gesê dat die Administratiewe Sentrum al 26 jaar lank bedrywig is en het gevra: “Op watter stadium het ons ekstremisties geword?” Hy het bygevoeg dat Jehovah se Getuies nie verander het nie—hulle is gehoorsaam aan die regering en is altyd vreedsaam. Hy het gesê dat hy bekommerd is oor die feit dat die Getuies reeds vervolg word.

Die regter het besluit dat die verhoor op 12 April 2017 om 10:00 sal voortgaan.