Spring na inhoud

1 MAART 2018
RUSLAND

Oriol-hof gaan op 3 April 2018 voort met die verhoor van Dennis Christensen

Oriol-hof gaan op 3 April 2018 voort met die verhoor van Dennis Christensen

Op 19 Februarie 2018 het die kriminele verhoor van Dennis Christensen in die Zjeleznodorozjni-streekhof in Oriol begin. Baie van mnr. Christensen se ondersteuners was in die hof. Die konsul van die Deense ambassade, Jeanne Christina Demirci, het van Moskou gekom om die verhoor by te woon. Regter Aleksei Roednef het in ’n hofsessie, wat net een uur lank was, ’n mosie van die verdediging goedgekeur. Hulle het gevra dat mnr. Christensen en sy prokureurs meer tyd moet kry om deur al die bewyse van die saak te gaan. Voor hierdie verhoor het die Sowetski-streekhof hom net twee weke gegee om deur die bewyse te gaan wat 2 500 bladsye in Russies insluit. Regter Roednef het die kriminele verhoor tot 3 April 2018 om 10:30 uitgestel. Intussen bly mnr. Christensen in aanhouding.