Spring na inhoud

22 JULIE 2016
RUSLAND

Verhoor oor die dreigement om die Getuies se hoofkwartier in Rusland te sluit, uitgestel tot September

Verhoor oor die dreigement om die Getuies se hoofkwartier in Rusland te sluit, uitgestel tot September

Die Twer-streekhof in Moskou het ’n voorlopige verhoor gehou rakende die saak waarin die Getuies appèl aangeteken het teen die kantoor van die hoofaanklaer se waarskuwingsbrief wat dreig om hulle nasionale hoofkwartier te likwideer. Die hof het openingsredes aangehoor en het die saak tot 23 September 2016 uitgestel. Dan sal die hof die hoofverhoor hou. Diplomate van verskeie buitelandse ambassades in Moskou het die verhoor bygewoon.

Ander onlangse optredes deur die regering het ook die Getuies se godsdiensvryheid bedreig. Die Federale Wet op Gewetensvryheid en op Godsdiensverenigings is gewysig en het op 20 Julie 2016 in werking getree. Die tyd sal leer hoe die Russiese owerheid die nuwe regulasies op die godsdiensbedrywighede van Jehovah se Getuies sal toepas.