Spring na inhoud

6 APRIL 2017
RUSLAND

Die saak om Jehovah se Getuies te verban, sal op 7 April voortgesit word in Rusland se Hooggeregshof

Die saak om Jehovah se Getuies te verban, sal op 7 April voortgesit word in Rusland se Hooggeregshof

Die verhoor in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie het vandag begin met die Departement van Justisie se argument wat beweer dat alle regsentiteite van Jehovah se Getuies verban moet word omdat die laer howe beslis het dat party van hierdie regsentiteite deelgeneem het aan ekstremistiese bedrywighede. Die regter het toe vir die verteenwoordiger van die Departement van Justisie gevra hoe die optrede van 8 entiteite dit kan regverdig dat daar teen die Administratiewe Sentrum en 395 ander entiteite in Rusland opgetree word. Die regter het ook gevra watter uitwerking dit op die Getuies se aanbidding sal hê as al die regsentiteite gelikwideer word. En hy het herhaaldelik gevra hoe die Getuies ’n bedreiging vir openbare orde en veiligheid is. Regsgeleerdes vir die verdediging het ook vrae aan die Departement van Justisie gerig wat dit duidelik gemaak het dat dit hulle voorneme is om Jehovah se Getuies te verban en nie net hulle regsentiteite te likwideer nie.

Die verhoor sal voortgesit word op 7 April 2017 om 10:00.