Spring na inhoud

27 SEPTEMBER 2016
RUSLAND

Verhoor oor die dreigement om die Getuies se hoofkwartier in Rusland te sluit, weer uitgestel

Verhoor oor die dreigement om die Getuies se hoofkwartier in Rusland te sluit, weer uitgestel

Op 23 September 2016 het die Twer-streekhof in Moskou die verhoor uitgestel waarin die Getuies appèl aanteken teen die waarskuwing wat dreig om hulle nasionale hoofkwartier te likwideer. Slegs drie dae voor die verhoor het die kantoor van die hoofaanklaer beswaar by die hof aangeteken en materiaal van meer as 200 bladsye hierby ingesluit. Die Getuies het ’n aansoek ingedien en gevra vir tyd om die dokumentasie na te gaan. En die regter het 12 Oktober 2016 as die datum gegee waarop die verhoor sal voortgaan. Die hof sal dan die Getuies se appèl, asook die wetlikheid van die waarskuwing teen die Administratiewe Sentrum oorweeg.