Spring na inhoud

22 JUNIE 2018
RUSLAND

Onderhoude: Vyf susters praat oor polisie-vervolging in Oefa, Rusland

Onderhoude: Vyf susters praat oor polisie-vervolging in Oefa, Rusland

Vroeg die oggend van 10 April 2018 het speurders en spesiale polisiemagte die huise van verskillende Getuies in Oefa, die hoofstad van Basjkortostan, Rusland, ingestorm en deursoek. Party van die polisie het maskers gedra en outomatiese wapens gehad. Broer Anatoli (Tolja) Wilitkewitsj is gearresteer, en die owerheid het hom in aanhouding geplaas totdat sy verhoor begin. Vyf susters van Oefa, insluitende Tolja se vrou, Aljona, vertel hoe die polisie se optrede hulle geraak het.