Spring na inhoud

15 MEI 2023
RWANDA

Swaar reën veroorsaak oorstromings en grondstortings in Wes-Rwanda

Swaar reën veroorsaak oorstromings en grondstortings in Wes-Rwanda

Op 2 en 3 Mei 2023 het swaar reën oorstromings en grondstortings in Wes-Rwanda veroorsaak. As gevolg hiervan is meer as 130 mense oorlede, en duisende moes hulle huise verlaat. Die oorstromings en grondstortings het oeste, huise, brûe en paaie vernietig.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie

  • 51 huise is vernietig

  • 43 huise is erg beskadig

  • 2 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • 3 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer en praktiese hulp te voorsien

  • Takkomiteelede, kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel aan diegene wat in die gebiede bly wat deur die ramp geraak is

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Rwanda te ondersteun wat deur “moeilike tye” gaan. – Psalm 46:1.