Spring na inhoud

’n Broer se huis wat baie erg deur die reënstorm beskadig is

19 NOVEMBER 2019
RWANDA

Swaar reënstorms tref Rwanda

Swaar reënstorms tref Rwanda

Op 26 en 29 Oktober 2019 het wydverspreide swaar reënstorms die noorde van Rwanda getref. Dit het ’n paar gesinne wat Jehovah se Getuies is, geraak. Ongelukkig het die 13-jarige dogter van ’n Getuie-paartjie in die Musanze-streek van die Noordelike Provinsie gesterf nadat sy deur die oorstromings weggespoel is.

In die Ngororero-streek van die Westelike Provinsie is ’n Getuie-gesin se huis vernietig en nege gesinne het hulle oeste verloor. Die takkantoor in Rwanda reël noodlenigingspogings in die streek, insluitende materiële hulpmiddels en aanmoediging uit die Bybel.

Ons bid dat Jehovah ons broers sal vertroos, wat deur hierdie storms geraak is. – 2 Tessalonisense 2:16, 17.