13 DESEMBER 2016
SALOMONSEILANDE
Aardbewing veroorsaak vrees vir tsoenami in die Salomonseilande
Op 9 Desember 2016 was daar ’n aardbewing van 7.8 naby die kus van die Salomonseilande met naskokke wat klein tsoenami-golwe veroorsaak het. Geen Getuies in die streek is beseer of het gesterf nie, en daar is ook nie ernstige skade aan enige van die Getuies se fasiliteite nie. Omdat die takkantoor van Jehovah se Getuies in die hoofstad Honiara, naby die kus, geleë is, is alle personeel ontruim en na ’n hoërliggende gebied geneem in ooreenstemming met waarskuwings wat deur die Pacific Tsunami Warning Center uitgereik is. Noudat die gevaar verby is, het almal na die fasiliteit teruggekeer en gaan die werk voort soos gewoonlik.
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Salomonseilande: Lency Lamani, +677-22241
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000