Spring na inhoud

22 AUGUSTUS 2017
SIERRA LEONE

Verwoestende grondstortings in Sierra Leone

Verwoestende grondstortings in Sierra Leone

Op die oggend van 14 Augustus 2017 het vloede en grondstortings winkels, paaie en huise regoor Freetown, die hoofstad van Sierra Leone, erg beskadig. Volgens berigte is meer as 400 mense dood en omtrent 600 word nog vermis. Daar word nog reën voorspel, en beamptes is bevrees dat dit verdere verwoesting kan veroorsaak.

Die takkantoor in Sierra Leone berig dat geen Getuies van Jehovah in die ramp dood is of beseer is nie. Maar twee families het hulle huise verloor. Ouer manne in plaaslike gemeentes gee geestelike ondersteuning aan hulle mede-Getuies. Die ouer manne is ook besig om inligting te versprei in verband met veiligheidsmaatreëls, in geval daar nog vloede is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Sierra Leone: Collin Attick, +232-76-67-90-75