Spring na inhoud

SINGAPOER

In die tronk weens hulle geloof – Singapoer

In die tronk weens hulle geloof – Singapoer

Agt jong mans wat Jehovah se Getuies is, is in die tronk in Singapoer omdat hulle gewetensbeswaar teen militêre diens het. Drie van hulle dien op die oomblik ’n tweede tronkvonnis uit omdat hulle geweier het om hulle standpunt te verander ná hulle eerste tronkvonnis. Die regering dwing verpligte militêre diens af en erken nie die regte van gewetensbeswaardes nie. As gevolg hiervan het hierdie jong manne al van alle moontlike regsopsies gebruik gemaak in Singapoer.

Wanneer ’n jong man 18 word, word hy verplig om by Singapoer se weermag aan te sluit. As hy as gevolg van sy gewete weier, word hy tot 12 maande in ’n militêre kamp aangehou. Aan die einde van hierdie tydperk word hy vrygelaat en dan onmiddellik beveel om ’n militêre uniform aan te trek en aan militêre opleiding deel te neem. As hy weer weier om dit te doen, moet hy ’n tweede keer voor ’n krygsraad verskyn en word hy tot 18 maande gevonnis. So, jong Getuiemans wat as gevolg van gewetensbeswaar weier om militêre diens te doen, kry twee opeenvolgende tronkvonnisse van altesaam tot 30 maande.

Singapoer weier om die VN se voorskrifte uit te voer

Die Verenigde Nasies doen al lank ’n beroep op lidlande om “te erken dat gewetensbeswaar teen diensplig beskou moet word as ’n regmatige beoefening van die reg op vryheid van denke, gewete en godsdiens wat deur die Universele Verklaring van Menseregte erken word”. Hoewel Singapoer al sedert 1965 ’n lidland is, het die regering dit duidelik gemaak dat dit nie met die Verenigde Nasies saamstem oor hierdie geskil nie. In ’n brief gedateer 24 April 2002 aan die VN se Kommissie oor Menseregte het ’n regeringsamptenaar van Singapoer gesê: “Wanneer ’n individu se oortuigings of dade bots [met die reg op landsverdediging], moet die reg van ’n staat om landsveiligheid te bewaar, die voorkeur kry.” Die amptenaar het reguit gesê: “Ons erken nie die universele toepaslikheid van gewetensbeswaar teen diensplig nie.”

Tydlyn

  1. 18 Julie 2024

    Altesaam agt Getuies van Jehovah is in die tronk weens gewetensbeswaar.

  2. 24 April 2002

    Regeringsamptenare bevestig dat Singapoer nie die reg op gewetensbeswaar erken nie.

  3. Februarie 1995

    Onderdrukking en inhegtenisnemings van burgers wat Jehovah se Getuies is, neem toe.

  4. 8 Augustus 1994

    Hooggeregshof van Singapoer wys die Getuies se appèl van die hand.

  5. 12 Januarie 1972

    Regering van Singapoer trek Jehovah se Getuies se registrasie in.