Spring na inhoud

14 AUGUSTUS 2019
SLOWAKYE

Eerste streekbyeenkoms word in die Romani-taal (Oos-Slowakye) gehou

Eerste streekbyeenkoms word in die Romani-taal (Oos-Slowakye) gehou

Een van die 19 mense wat gedoop is

Van 20 tot 21 Julie 2019 het ons broers die eerste streekbyeenkoms in die Romani-taal in Slowakye by die Winter-stadion in Michalovce gehou. Die verkorte program het ’n bywoningshoogtepunt van 1 276 gehad. Daar is altesaam 19 gedoop.

Daar was broers en susters van die volgende vier lande: België, Groot-Brittanje, Oekraïne en die Tsjeggiese Republiek. ’n Hoogtepunt vir dié wat dit bygewoon het, was om die film, Die verhaal van Josia: Wees lief vir Jehovah; haat wat sleg is, in hulle eie taal te geniet.

Hierdie byeenkoms is gehou net vyf jaar nadat die eerste Romani-gemeente in Slowakye in November 2014 gevorm is. Daar is op die oomblik 9 Romani-gemeentes, 10 groepe en 14 tentatiewe groepe in die gebied wat onder die takkantoor van Tsjeggiese-Slowakye val.

Die bestuurder van die Winter-stadion, Peter Tirpak, het gesê: “Die samewerking van Jehovah se Getuies was uitstekend. Julle het altyd julle beloftes gehou. Ons sal bly wees as julle weer kom.”

Peter Varga, die opsiener van die streekbyeenkomsprogram, het gesê: “Ek het nog nooit so ’n streekbyeenkoms ervaar nie. Vir ons Romani-sprekende broers en susters was dit ’n baie belangrike gebeurtenis in hulle diens aan Jehovah. Dis iets wat hulle altyd sal onthou. Ná die laaste lied het hulle mekaar drukkies begin gee, al het hulle mekaar nog nooit ontmoet nie. Baie het trane in hulle oë gehad.”

Ons is bly saam met die 1 010 verkondigers wat Romani praat in Slowakye. Hierdie streekbyeenkomste wys die opregte broederlike liefde onder Jehovah se mense. – Johannes 13:34, 35.