Spring na inhoud

10 MEI 2013
SLOWAKYE

Jehovah se Getuies herdenk 100 jaar in Slowakye

Jehovah se Getuies herdenk 100 jaar in Slowakye

BRATISLAVA, Slowakye—Jehovah se Getuies in Slowakye het op 15 Desember 2012 ’n ope dag by hulle takkantoor gehou ter herdenking van die 100ste jaar dat hulle Bybelonderrigtingswerk in die land doen. Persoonlike uitnodigings om deur die fasiliteite te toer, is onder mense in die omliggende buurte versprei. Meer as 200 het die ope dag bygewoon, waar daar tien uitstallings was oor mylpale in die Getuies se geskiedenis in Slowakye.

In 1912 het verteenwoordigers van Jehovah se Getuies met hulle openbare Bybelonderrigtingswerk in Slowakye begin. In 1991 het die Getuies ’n akkurate Slowaakse Bybelvertaling vrygestel, wat maklik is om te lees. Die takkantoor in Bratislava ondersteun die werk van vyf Slowaakse vertaalspanne. Die vertaalwerk sluit ook Slowaakse Gebaretaal sowel as Oos-Slowaakse Romani en Olah-Romani in. Al die lektuur en Bybels wat deur die Getuies uitgegee word, word gratis aangebied. Die meer as 11 000 Getuies in Slowakye hou elke week meer as 3 400 gratis tuisbybelstudies, waardeur hulle mense van alle ouderdomme help om groter persoonlike en gesinsgeluk te vind.

Vergaderinge vir verdere Bybelonderrig word in al 160 gemeentes regoor die land gehou, en die publiek is welkom om ook hierdie gratis Bybellesse by te woon. Die Getuies het ook ’n lang geskiedenis van jaarlikse streekbyeenkomste, waarvan die eerste in 1923 gehou is. In 2006 het Jehovah se Getuies ’n spesiale byeenkoms in Bratislava gehou wat deur meer as 10 700 bygewoon is, insluitende meer as 3 600 afgevaardigdes uit die Tsjeggiese Republiek, Hongarye en Roemenië.

Rastislav Eliaš, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Slowakye, sê: “Oor die afgelope 100 jaar het Jehovah se Getuies in Slowakye daarvoor bekend geword dat hulle vreedsame en eerlike burgers is wat hegte bande met hulle familielede en die plaaslike gemeenskap behou. Ons sal ons bly inspan om ons bure te help om, net soos ons, by Bybelonderrig baat te vind.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Slowakye: Rastislav Eliaš, tel. +421 2 49107611

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000