12 MEI 2023
SOEDAN
Swaar gevegte hou aan in Soedan
Op 15 April 2023 het ’n konflik tussen twee gewapende groepe in Khartoem, die hoofstad van Soedan, uitgebreek. Volgens nuusberigte het die gevegte gelei tot die dood van meer as 600 mense en nog 5 000 mense is beseer.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie
Ten minste 318 verkondigers moes hulle huise verlaat. Party het veilig gevlug na lande daar naby
8 volwassenes en 5 kinders was tydelik vasgekeer by hulle werk of skool. Almal is nou weer saam met hulle families
Noodlenigingspogings
Die plaaslike ouermanne voorsien geestelike ondersteuning aan dié wat geraak is
Noodlenigingskomitees is aangestel in Soedan en die lande daar naby om die noodlenigingswerk te organiseer en om praktiese hulp te voorsien
Ons bly bid vir ons broers en susters wie se lewens deur geweld geraak is, en ons sien uit na ’n toekoms waar daar “’n oorvloed van vrede” sal wees. – Psalm 72:7.