Spring na inhoud

Links: Besoekers by die uitstalling. In die middel: Die ingang van La Modelo in Barcelona, Spanje. Regs: Kopieë van briewe wat ’n broer aan sy vrou geskryf het terwyl hy in aanhouding was

5 DESEMBER 2023
SPANJE

Spesiale uitstalling oor Jehovah se Getuies “In die tronk weens hulle gewete” in Spanje

Spesiale uitstalling oor Jehovah se Getuies “In die tronk weens hulle gewete” in Spanje

Besoekers op ’n toer van La Modelo wat voorheen ’n tronk was

Vanaf 14 Oktober tot 16 Desember 2023 is ’n nuwe uitstalling met die titel “In die tronk weens hulle gewete” gehou by La Modelo in Barcelona, Spanje, wat voorheen ’n tronk was. Dit is nou ’n museum en ’n kulturele sentrum. Die doel van die uitstalling is om die publiek, insluitende regeringsamptenare en geleerdes, oor die uitstekende geloof van jong Getuies van Jehovah te leer. Hierdie Getuies het geweier om hulle Christelike neutraliteit prys te gee.

Die uitstalling vertel die verhaal van ons broers in Spanje wat aan die begin van die 1930’s tronk toe gestuur is omdat hulle geweier het om verpligte militêre diens te doen. Gedurende die 1960’s en 1970’s was daar amper 1 000 van ons broers in die tronk. Meer as 40 van hulle was in La Modelo.

’n Deel van die uitstalling wat foto’s van vorige gewetensbeswaardes wys

Die uitstalling verduidelik hoekom die Getuies gekies het om nie by die weermag aan te sluit nie as gevolg van hulle godsdiensoortuigings. Dit het ook gewys hoe lewe in die tronk vir hierdie jong Getuies was. Die moedige standpunt van hierdie getroue broers oor baie jare het daartoe gelei dat die regering in Spanje amptelik die reg op gewetensbeswaar in 1984 erken het.

Miguel Ángel Plaza, ’n professor in geskiedenis, was genooi om by die openingseremonie van die uitstalling te praat. Hy het met ’n hele paar Getuies van Jehovah gepraat wat in La Modelo in die tronk was. Hy het oor hulle ondervinding gesê: “Nie een van hulle het iets krities of negatiefs gesê oor wat hulle in La Modelo deurgemaak het nie – nie eers oor die tronkbewaarders nie. Elkeen van hulle het ’n glimlag op hulle gesig gehad terwyl hulle oor hulle ondervinding gepraat het.” Broer Fernando Trepat wat die seremonie bygewoon het, is een van die Getuies wat in La Modelo in die tronk was. Hy het gesê: “Selfs nou, meer as 50 jaar later, is ek nog steeds oortuig dat Bybelbeginsels my gehelp het om die regte keuse te maak. Ek sou vandag dieselfde besluit maak.”

Broer David Báidez, wat die uitstalling gereël het, het gesê: “Terwyl hierdie uitstalling ’n geskiedkundige gebeurtenis beklemtoon, is die onderwerp baie gepas. Op die oomblik is daar omtrent 200 Getuies van Jehovah wat in verskillende lande in die tronk is as gevolg van hulle Bybelse oortuiging.”

’n Paar van ons broers en susters as toergidse by die spesiale uitstalling by La Modelo

Die lojaliteit en volharding wat ons broers in Spanje baie jare lank gewys het, is kosbaar vir ons. Ons sal aanhou om te bid vir dié wat vandag as gevolg van hulle geloof in die tronk is. – Hebreërs 13:3.