Spring na inhoud

8 JULIE 2016
SRI LANKA

Getuies verleen hulp na swaar reëns in Sri Lanka

Getuies verleen hulp na swaar reëns in Sri Lanka

COLOMBO, Sri Lanka—In die heuwels van Aranayaka, Sri Lanka, ongeveer 100 kilometer buite die hoofstad, Colombo, is meer as 100 mense dood en omtrent 350 000 mense se lewens ontwrig toe ’n reeks modderstortings die dorpies getref het. Die voorafgaande stortreëns het op 15 Mei oor die streek begin uitsak, en op een stadium het 373 millimeter reën binne 24 uur in die dorp Kilinochchi geval. Die owerheid sê dat dit die ergste natuurramp is wat Sri Lanka sedert die tsoenami in 2004 getref het.

Volgens die takkantoor van Jehovah se Getuies in Sri Lanka is geen Getuies in die ramp dood nie, maar amper 200 moes hulle huise verlaat. ’n Koninkryksaal, of plek van aanbidding, in Kaduwela, omtrent 15 kilometer van Colombo af, het oorstroom en was tot twee meter diep onder water.

’n Groep vrywilligers by die Koninkryksaal in Kotahena berei mediese voorraad, gebottelde water, kosprodukte en klere voor sodat dit versprei kan word.

Die Getuies het dadelik ’n noodlenigingskomitee saamgestel om op ’n georganiseerde wyse in die onmiddellike fisiese behoeftes van die slagoffers te voorsien, asook om herderlike sorg te bied. Noodsaaklikhede soos drinkbare water, klere en mediese voorraad is by ’n Koninkryksaal in Kotahena gestoor. Honderde plaaslike Getuies het as vrywilligers gewerk om benodigdhede aan hulle mede-Getuies en bure uit te deel.

Nidhu David, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Sri Lanka, sê: “Ons bid vir die talle gesinne wat deur hierdie onlangse tragedie geraak is. Terselfdertyd help ons om huise wat beskadig is, skoon te maak, kos uit te deel en klere te skenk aan dié wat dit nodig het. Die gees van vrywilligheid wat deur ons mede-Getuies getoon word, is ’n helder lig in hierdie donker tyd.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Sri Lanka: Nidhu David, 94-11-2930-444

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000