Spring na inhoud

7 JUNIE 2017
SRI LANKA

Groot skade deur vloede en modderstortings in Sri Lanka

Groot skade deur vloede en modderstortings in Sri Lanka

Jehovah se Getuies is besig om hulle mede-aanbidders sowel as ander slagoffers van vloede en modderstortings in die suidelike en westelike dele van Sri Lanka te help. As gevolg van die reëns wat op 26 Mei begin val het, het vloede en modderstortings groot skade aangerig. Volgens die jongste berigte is meer as 200 mense dood en moes meer as 77 000 mense hulle huise verlaat.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Sri Lanka het twee noodlenigingskomitees gestig. Die komitees sal voorsien in die onmiddellike behoeftes, soos kos en blyplek, van die meer as 100 Getuies wat deur die vloede geraak word. Geen Getuies het in die ramp gesterf nie.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier in New York, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Sri Lanka: Nidhu David, +94-11-2930-444

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000