Spring na inhoud

13 SEPTEMBER 2019
SUID-AFRIKA

Nuwe Wêreld-vertaling vrygestel in drie tale gedurende internasionale byeenkoms in Suid-Afrika

Nuwe Wêreld-vertaling vrygestel in drie tale gedurende internasionale byeenkoms in Suid-Afrika

Op 6 September 2019 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Afrikaans, Venda en Xhosa by die internasionale byeenkoms in Johannesburg, Suid-Afrika, vrygestel. Hierdie tale word deur meer as 16 miljoen mense gepraat. Broer Anthony Morris, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die Bybels by die FNB-stadion vrygestel waar daar 36 865 mense was. Nog 51 229 mense het ingeskakel by agt ander plekke, insluitende Lesotho, Namibië en Sint Helena.

Een vertaler was baie opgewonde oor die unieke kenmerke van die Bybel en het gesê: “Ons almal gaan ons Bybel van vooraf lees in die taal wat ons hart raak!” ’n Ander vertaler het gesê: “Nog belangriker, [die nuwe Bybel] sal ons help om nader aan Jehovah te kom, want dit gebruik God se naam.”

Die Bybels sal ons broers ook baie in velddiens help. ’n Vertaler op die Xhosa-vertaalspan het gesê: “Die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling sal help in die bediening. Mense sal duidelik sien wat die Bybel leer sonder dat elke liewe woord verduidelik hoef te word.” ’n Afrikaanse vertaler het bygevoeg: “Nou kan jy die teks lees en die Bybel verduidelik homself.”

Ons is bly dat ons broers Bybels het wat maklik is om te lees en wat hulle sal help om nader aan God te kom. – Jakobus 4:8.