Spring na inhoud

Die nuwe Suid-Afrikaanse Gebaretaal-vertaalkantoor

29 APRIL 2022
SUID-AFRIKA

Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie knap vertaalkantoor vir Suid-Afrikaanse Gebaretaal op

Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie knap vertaalkantoor vir Suid-Afrikaanse Gebaretaal op

Die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie (LDC) in Suid-Afrika sal binnekort die opknapping van ’n kantoorgebou in Durban voltooi. Dit sal die vertaalkantoor (RTO) vir Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) wees. Die takkantoor het die gebou in Maart 2020 gekoop en kort daarna woonstelle in die omgewing gekoop. Die vertalers sal in Mei 2022 in die woonstelle intrek.

Daar is 17 Betheliete en 25 deeltydse afstandsvrywilligers wat by die RTO werk. Die ligging van hierdie nuwe projek sal hulle help om publikasies van ’n hoëgehalte te vertaal. Dit sal voorsien word aan die 283 dowe of hardhorende verkondigers in Suid-Afrika, asook die 450 000 dowe of hardhorende mense wat in die land woon. Die meeste dowe en hardhorende mense in Suid-Afrika woon in KwaZulu-Natal. Durban is die grootste stad in die provinsie.

Broer Sibusiso Mzizi, wat saam met die Suid-Afrikaanse Gebaretaal se vertaalspan werk, sê: “Ons glo dat hierdie nuwe kantoor baie voordelig sal wees vir die gebaretaalveld in Suid-Afrika en dat dit die gemeentes sal versterk.”

Ons sê vir Jehovah dankie dat hy ons werk in SASL seën en vir die vordering met hierdie projek. – Psalm 127:1.