Spring na inhoud

5 JUNIE 2019
SUID-AFRIKA

Swaar reën en oorstromings in Suid-Afrika

Swaar reën en oorstromings in Suid-Afrika

Aan die einde van April 2019 het dit swaar gereën op die oostelike kus van Suid-Afrika. Dit het oor ’n lang tydperk gereën wat oorstromings en modderstortings in verskeie gebiede in en om Durban, KwaZulu-Natal, veroorsaak het. Volgens die nuus het ten minste 70 mense gesterf.

Die takkantoor in Suid-Afrika het laat weet dat geen broers of susters beseer is of gesterf het nie. Maar die huise van ten minste 19 families is beskadig deur modderstortings of oorstromings. Oorstromings het ook ten minste drie Koninkryksale beskadig.

Die takkantoor het ’n Noodlenigingskomitee gevorm, en vrywilligers van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie help hierdie komitee om uit te vind hoe erg die skade by al hierdie huise is. In gevalle waar broers se huise nie veilig is nie, is reëlings gemaak sodat hulle iewers anders kon bly.

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Suid-Afrika te ondersteun terwyl hulle deur hierdie moeilike tye gaan. – Psalm 34:19.