Spring na inhoud

Die buitekant van die nuwe vertaalkantoor

22 FEBRUARIE 2023
SUID-AFRIKA

Takkantoor in Suid-Afrika maak ’n Venda-vertaalkantoor oop

Takkantoor in Suid-Afrika maak ’n Venda-vertaalkantoor oop

Op 7 Desember 2022 is ’n Venda-vertaalkantoor (RTO) in Makhado-munisipaliteit, Suid-Afrika, oopgemaak. Die vertaalspan bestaan uit tien voltydse en agt deeltydse vertalers.

Daar is ongeveer 1,2 miljoen mense in Suid-Afrika wat Venda praat, en nog 100 000 in Zimbabwe. Op die oomblik is daar altesaam 28 Venda-gemeentes in hierdie twee lande met omtrent 800 verkondigers.

Op die eiendom was daar alreeds ’n huis wat opgeknap is en in vier woonstelle omskep is. ’n Nuwe gebou is vir die vertaalkantore gebou. Nog drie woonstelle is in ’n kompleks daar naby gekoop.

Die RTO was ontwerp met die plaaslike klimaat ingedagte. Byvoorbeeld, broer Jody Palvie, wat as die projekbestuurder gewerk het saam met die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie, sê: “Om die warm en bedompige weer van die gebied teë te werk, het ons die groot, blaarryke bome gehou omdat dit koelte en skaduwee gee op die eiendom, en teëls en gepoleerde betonvloere is baie gebruik.”

Links: ’n Video-opname van ’n geestelike program. Regs: Venda-vertalers werk as ’n span saam

Die nuwe ligging gee die vertaalspan die geleentheid om meer kontak met mense te hê wat Venda praat. Een vertaler sê: “Ons kan nou elke dag met mense praat wie se moedertaal Venda is. Dit verbeter ons vertaling en help ons om woorde en uitdrukkings te gebruik wat algemeen in alledaagse taal is.” ’n Ander vertaler sê: “Ons is nou naby broers en susters wat Venda praat wat kan help met die opnames van video’s en oudio-publikasies.”

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om die pogings van hierdie broers en susters te seën wat hard werk om “die lof van Jehovah [te] verkondig” onder die mense wat Venda praat. – Psalm 145:21.