Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Tsjoi Joeng-won, Baek Jong-hioen en Kang Ra-joon waai vir hulle families voordat hulle met alternatiewe burgerlike diens moet begin

23 NOVEMBER 2020
SUID-KOREA

Belangrike gebeurtenis: Alternatiewe burgerlike diens begin in Suid-Korea

Belangrike gebeurtenis: Alternatiewe burgerlike diens begin in Suid-Korea

Vir die eerste keer in die geskiedenis laat die regering in Suid-Korea toe dat mense met gewetensbeswaar alternatiewe burgerlike diens kan doen. Op 26 Oktober 2020 het 63 van ons broers hierdie vorm van diens aanvaar en ’n werkstoewysing van drie jaar by een van twee tronke begin. Hulle werk in afdelings soos die kombuis, aankope, opleiding, higiëne- en gesondheidsorg en instandhouding. Volgens die wet moet die broers die eerste twee maande in die tronk bly. Daarna sal die helfte van die broers op ’n slag toegelaat word om die tronk ná werk te verlaat sodat hulle vergaderinge kan bywoon en velddiens kan doen. Maar die broers wat die tronk verlaat, moet teen nege uur die aand terug wees.

Broer Kim Hioen-soo, een van die 63 broers, sê: “Hoewel hierdie alternatiewe diens nie by alle internasionale standaarde bly nie, kies ek om hierdie diens te aanvaar omdat dit burgerlik is en nie onder militêre toesig is nie.”

Ons is daarvan oortuig dat ons jong getroue broers in Suid-Korea sal aanhou om deur hulle “goeie werke” Jehovah te verheerlik en te loof. – Matteus 5:16.

 

Broer Park Jae-hioek sê totsiens vir sy familie wanneer hy moet gaan om met sy alternatiewe burgerlike diens te begin

Broer Lee Sang-joon maak reg om sy familie te verlaat (links). Broer Kim Jeong-hoon se ouers gee hom ’n drukkie (regs)

Broer Jeong Jeo-gieom op pad om met sy alternatiewe diens te begin