Spring na inhoud

’n Getuiegesin se huis wat heeltemal deur die vuur verwoes is

25 APRIL 2019
SUID-KOREA

Bosbrand breek uit langs die ooskus van Suid-Korea

Bosbrand breek uit langs die ooskus van Suid-Korea

Op 4 April 2019 het ’n groot bosbrand in die Gangwon-provinsie langs die oostelike kus van Suid-Korea uitgebreek. Die vuur het so vinnig versprei dat die regering ’n nasionale noodtoestand aangekondig het. Voordat die vuur onder beheer gebring is, het meer as 1 600 hektaar afgebrand en twee mense het gesterf.

Volgens die takkantoor het nie een van ons broers gesterf nie. Maar agt huise is beskadig wat 27 van ons broers en susters geraak het. Onder leiding van die takkantoor werk die noodlenigingskomitee en die kringopsiener van die streek saam met die gemeentelike ouermanne om die broers wat deur hierdie ramp geraak is praktiese ondersteuning en aanmoediging uit die Bybel te gee.

Ons is vol vertroue dat Jehovah “’n toevlug en sterkte, ’n hulp wat gedurende benoudhede maklik gevind kan word” vir ons broers sal wees. – Psalm 46:1.