Spring na inhoud

Broers en susters wat met die opknappingswerk by Bethel in Korea gehelp het

7 AUGUSTUS 2023
SUID-KOREA

Opknappingswerk by Bethel in Korea voltooi

Jaar lange projek berei vrywilligers voor om met bouwerk regoor die wêreld te help

Opknappingswerk by Bethel in Korea voltooi

Op 30 April 2023 is die opknappingswerk van ’n woongebou wat 30 jaar oud is, by die takkantoor in Korea voltooi. Opknappingswerk is ook gedoen aan die Bethel-eetsaal asook 62 kamers. Die opknappings maak dat die geboue minder energie gebruik en maak dit veiliger en gemakliker vir die gesin. Van die 170 broers en susters wat as vrywilligers gehelp het, het 71 nog nooit van tevore aan ’n teokratiese bouprojek gewerk nie. Nadat hulle die opleiding gebruik het wat hulle ontvang het en die opknappingswerk by die Bethel in Korea voltooi is, het meer as 40 vrywilligers gekwalifiseer om met teokratiese bouprojekte in ander lande te help.

Susters help met baie verskillende toewysings gedurende die opknappingswerk

Suster Kim Ha-jeon

Suster Kim Ha-jeon sê: “As gevolg van die goed georganiseerde opleiding wat ek by die takkantoor in Korea se opknappingsprojek ontvang het, is ek bly dat ek nou die geleentheid het om die vaardighede wat ek daar geleer het, by ’n bouprojek in Indonesië te kan gebruik.”

Broer Lee Mjong-Hoon

Broer Lee Mjong-Hoon, wat ook met die takkantoor in Korea se opknappingswerk gehelp het, sê: “Ek het waardevolle vaardighede aangeleer terwyl ek aan hierdie projek gewerk het. My toewysing was moeilik, maar die organisasie se veiligheidsmaatreëls en opleiding het dit vir my makliker gemaak om my werk te doen.” Vandag dien broer Lee vreugdevol by ’n bouprojek in die Filippyne.

’n Kamer by Bethel in Korea wat pas opgeknap is

Ons is baie bly dat die opknappingswerk by die takkantoor in Korea voltooi is. Wanneer ons dink aan die harde werk van almal wat gehelp het met die opknappingswerk, insluitende diegene wat Jehovah nou in ander toewysings dien, is ons dankbaar vir hulle ‘getroue werk en liefdevolle arbeid’. – 1 Tessalonisense 1:3.