Spring na inhoud

17 JANUARIE 2020
SUID-KOREA

Suid-Korea gee spesiale amnestie aan gewetensbeswaardes

Suid-Korea gee spesiale amnestie aan gewetensbeswaardes

Op 31 Desember 2019 het die regering van Suid-Korea aangekondig dat die 1 879 gewetensbeswaardes wat onlangs uit die tronk vrygelaat is, spesiale amnestie sal kry. Terwyl die broers nog steeds ’n kriminele rekord sal hê, gaan die regering enige beperkings wat op hulle is, verwyder. Hierdie spesiale amnestie is die nuutste gevolg van die 2018-beslissings deur die konstitusionele hof en die Hooggeregshof. Die beslissings erken ook dat gewetensbeswaar teen militêre diens ’n reg is en nie ’n misdaad nie.

Mense in Suid-Korea wat uit die tronk vrygelaat is, word vyf jaar lank deur die regering beperk om sekere dinge te doen. Omdat gewetensbeswaardes ’n kriminele rekord het, het die regering hierdie beperkings op ons broers gesit. Dit het gemaak dat ons broers nie eksamens vir sekere lisensies kon skryf nie of aansoek kon doen vir sekere werke nie.

Broer Hong Dae-il, van die Openbare Inligtingsafdeling in Suid-Korea, sê: “Ons is dankbaar dat die regering hierdie beperkings verwyder het. Met hierdie beslissing is die regering nog nader daaraan om heeltemal te erken dat mense wat tronk toe gestuur is as gevolg van hulle godsdiensoortuigings, nie kriminele is nie.”

Terwyl ons uitsien na nog positiewe veranderinge in Suid-Korea, gee ons al die eer aan Jehovah, die groot Wetgewer. – Openbaring 4:11.