Spring na inhoud

1 NOVEMBER 2018
SUID-KOREA

Belangrike beslissing deur Hooggeregshof in Suid-Korea

Belangrike beslissing deur Hooggeregshof in Suid-Korea

Op Donderdag 1 November 2018 het die Hooggeregshof in Suid-Korea met 9 teen 4 stemme beslis dat gewetensbeswaar teen militêre diens nie ’n misdaad is nie. Gewetensbeswaar op grond van godsdiensoortuigings word nou beskou as ’n “geldige rede” om militêre diens te weier. Hierdie belangrike beslissing deur Suid-Korea se hoogste hof lê die basis vir die vryspreking van die meer as 900 broers wie se sake nog in alle vlakke van die Koreaanse hofstelsel hanteer moet word.

Vroeër vanjaar het die Konstitusionele Hof van Suid-Korea beslis dat daar teen Desember 2019 voorsiening moet wees vir gewetensbeswaardes om alternatiewe diens te doen.

Ons is baie bly en prys Jehovah vir hierdie belangrike beslissing.