30 NOVEMBER 2018
SUID-KOREA
Koreaanse broers word uit die tronk vrygelaat
Die takkantoor in Korea berig dat 57 broers op 30 November 2018 uit die tronk vrygelaat is en weer saam met hulle gesinne is. Broers en susters regoor die wêreld is baie bly oor wat hier gebeur het, iets waarna hulle al lank uitsien, en hulle loof Jehovah vir sy guns en seën. – Numeri 6:24-26.
Ons bid vir die sewe broers wat nog in die tronk is. Daar word verwag dat hulle vrygelaat sal word wanneer hulle 6 maande van hulle 18 maande lange tronkstraf uitgedien het.