Spring na inhoud

18 SEPTEMBER 2019
SUID-KOREA

Christelike neutraliteit in Suid-Korea – Geskiedenis van geloof en moed

Christelike neutraliteit in Suid-Korea – Geskiedenis van geloof en moed

Vanaf 1953 is jong Koreaanse broers in die tronk gesit omdat hulle weier om militêre diens te doen. Daar is altesaam meer as 19 000 broers wat ’n totaal van 36 000 jaar in die tronk was omdat hulle geweier het om hulle geloof prys te gee. Maar op 28 Februarie 2019 is die laaste paar broers wat in die tronk was, vrygelaat. Wat het gemaak dat iets so belangrik gebeur het? Kom ons kyk na die geskiedenis van die Koreaanse broers se sterk geloof en moed.