Spring na inhoud

30 AUGUSTUS 2018
SUID-KOREA

Suid-Korea se Hooggeregshof hoor argumente oor gewetensbeswaar

Suid-Korea se Hooggeregshof hoor argumente oor gewetensbeswaar

Op Donderdag 30 Augustus 2018 het die Hooggeregshof van Suid-Korea ’n openbare verhoor gehou waar al 13 regters teenwoordig was. Hulle het die sake van drie Getuies van Jehovah verhoor wat as gevolg van hulle gewete weier om militêre diens te doen. Daar is ’n intense publieke debat oor die feit dat Suid-Korea al jare lank gewetensbeswaardes tot tronkstraf vonnis. Die 13 regters het die prokureurs van die Getuies en ander mense vier uur lank ondervra. Die regters het ook die geskiedkundige uitspraak op 28 Junie 2018 deur die konstitusionele hof lank bespreek. Volgens daardie uitspraak moet die Koreaanse wetgewing alternatiewe burgerlike diens vir opregte gewetensbeswaardes in plek stel eerder as om hulle as kriminele tronk toe te stuur. Die prokureurs het die hof gevra om ons broers onskuldig te verklaar. Dit sal ’n standaard skep wat die laer howe sal help om oor die meer as 900 soortgelyke sake te beslis. Die Hooggeregshof moet nou besluit hoe en wanneer hulle oor die sake van die drie Getuies van Jehovah sal beslis wat hulle gedurende die verhoor bespreek het.

Met volle vertroue wag ons geduldig op die God van ons redding saam met meer as 100 van ons getroue broers wat nog in die tronk is. — Miga 7:7.