Spring na inhoud

12 DESEMBER 2014
SUID-KOREA

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Getuies stel Bybel vry by Wêreldbeker-stadion in Seoel

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Getuies stel Bybel vry by Wêreldbeker-stadion in Seoel

David Splane, ’n lid van die Bestuursliggaam, stel die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Koreaans vry.

SEOEL—Jehovah se Getuies het die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Koreaans vrygestel gedurende die “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”- internasionale byeenkoms in Seoel, Korea. Dit is op 6-8 September 2014 in Seoel se Wêreldbeker-stadion gehou. Bybels is gratis voorsien aan al 56 867 teenwoordig en aan die 59 091 wat in Boesan, Daejeon, Gwangjoe, Jejoe, Jeosoe en Soewon vir die program ingeskakel was. Een byeenkomsganger, Joon-jeong Tsjoi, som dit soos volg op: “Die onvergeetlikste oomblik van hierdie byeenkoms was die vrystelling van die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling.”

Die meer as 56 000 byeenkomsgangers in die stadion geniet die Bybelprogram.

Getuies van die Filippyne, Finland, Kanada, Pole en die Verenigde State het na Seoel gereis om die byeenkoms daar by te woon. Dae-il Hong, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Korea, het gesê: “Ons het hard gewerk om voor te berei vir hierdie roerende, opvoedkundige geleentheid, en die byeenkoms het ons verwagtinge ver oortref. Dit was ’n voorreg om hierdie spesiale geleentheid hier te hê.”

Groot “Bybels” versier die veld.

Die gehoor in Seoel se Wêreldbeker-stadion was verheug toe drie groot “Bybels” wat die veld versier het, oopgemaak is om as doopbaddens te dien. Altesaam 630 is in Seoel gedoop, en nog 596 op die ander plekke wat vir die program in geskakel was—’n totaal van 1 226 is dus gedoop.

Groot “Bybels” word as doopbaddens gebruik.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Republiek van Korea: Dae-il Hong, tel. +82 31 690 0033

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000