Spring na inhoud

7 JANUARIE 2021
TADJIKISTAN

’n Militêre hof in Tadjikistan vonnis broer Roestamjon Norof tot drie en ’n half jaar tronkstraf

’n Militêre hof in Tadjikistan vonnis broer Roestamjon Norof tot drie en ’n half jaar tronkstraf

Op 7 Januarie 2021 het ’n militêre hof broer Roestamjon Norof tot drie en ’n half jaar tronkstraf gevonnis vir sy gewetensbeswaar teen militêre diens.

Roestamjon is net voor sy vonnis ’n kans gegee om voor die hof te praat. Hy was moedig en het ’n hele paar verse uit die Bybel aangehaal om te verduidelik hoekom hy weier om militêre diens te doen. Hy het ook gesê wat hom gehelp het om getrou te bly.

Hy het Filippense 4:13 aangehaal wat sê: “Vir alles is ek sterk genoeg deur hom wat my krag gee.” Hy het ook gesê: “Gedurende hierdie tyd het my God, Jehovah, my gehelp en my die krag gegee om nie mismoedig te word nie, maar eerder om vreugdevol te wees en om aan te hou glimlag. Ek is regtig dankbaar teenoor hom hiervoor, en ek is trots dat ek hom as een van sy Getuies kan dien.”