Spring na inhoud

9 FEBRUARIE 2018
TAIWAN

Aardbewing tref Taiwan

Aardbewing tref Taiwan

Op Dinsdag 6 Februarie, gedurende die nag, was daar ’n aardbewing van 6,4 naby die ooskus van Taiwan. Volgens nuusberigte is ten minste 6 mense dood en meer as 250 is beseer. Nog 76 mense word vermis.

Geen verkondigers is in die aardbewing beseer of dood nie. Maar ’n gebou in Hualien waar die Amis-vertaalkantoor (’n plaaslike taal wat in Taiwan gepraat word) en ’n Koninkryksaal is, is beskadig. Hualien is een van die plekke wat die ergste getref is deur die aardbewing. ’n Woonstel waar party lede van die vertaalspan woon, is ook erg beskadig. Hulle moes die woonstel verlaat. Plaaslike broers het dadelik gereël dat diegene wat geraak is, tydelike blyplek kon kry. Die takkantoor in Taiwan help hulle ook met ander dinge wat hulle nodig het.

Ons bid dat ons broers en susters wat hierdeur geraak is, innerlike vrede gedurende hierdie moeilike tyd sal hê. Ons bid ook dat die broers wat na hulle omsien, “’n skuilplek teen die wind” vir hulle sal wees. — Jesaja 32:2.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Taiwan: Chen Yongdian, +886-3-477-7999

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000