Spring na inhoud

8 FEBRUARIE 2021
TURKMENISTAN

Broer Artoer Jangibajef word die tweede keer tronk toe gestuur vir gewetensbeswaar

Broer Artoer Jangibajef word die tweede keer tronk toe gestuur vir gewetensbeswaar

Uitspraak

Op 18 Januarie 2021 het ’n Turkmeense hof broer Artoer Jangibajef tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir gewetensbeswaar. Dit is die tweede keer dat hy vir sy neutrale standpunt gestraf word.

Profiel

Artoer Jangibajef

  • Gebore: 1997 (Seidi)

  • Agtergrond: Artoer het moeilike tye deurgemaak toe hy nog jonk was, en dit het hom laat wonder hoekom daar soveel ongeregtigheid in die wêreld is. Hy het met sy suster, wat een van Jehovah se Getuies is, daaroor gesels. Dit het daartoe gelei dat hy op 13-jarige ouderdom die Bybel begin studeer het. Hy is in 2014 gedoop

    Werk in konstruksie; knap woonstelle op. Artoer se ouers beskryf hom as ’n vriendelike en verantwoordelike seun. Die bure in sy gemeenskap sê dat hy ’n eerlike en opregte jong man is

Geskiedenis van saak

Op 8 Augustus 2016 is Artoer in aanhouding geplaas waar hy op sy verhoor moes wag omdat sy gewete hom nie toelaat om militêre diens te doen nie. Op 30 Augustus is hy tot twee jaar korrektiewe arbeid gevonnis. In September 2018 het Artoer sy vonnis van korrektiewe arbeid voltooi.

Op 15 Desember 2020 is hy vir ’n tweede keer opgeroep vir militêre diens. Kort daarna is hy deur die aanklaer se kantoor ondervra en is hy gevra om sy gewetensbeswaar op skrif te stel.

Op 30 Desember het die aanklaer se kantoor vir hom gesê dat ’n kriminele saak teen hom ingestel is. Sy paspoort is van hom weggeneem.

Ná sy eerste vonnis, sê Artoer, “het die Bybelverse in Romeine 8:37-39 my die vertroue gegee dat niemand my kan keer om aan Jehovah getrou te bly nie”. Ons weet dat Artoer met Jehovah se hulp hierdie keer ook standvastig sal kan bly.