Spring na inhoud

Broer Weniamin Gendjijef

3 FEBRUARIE 2021
TURKMENISTAN

Broer Gendjijef gevonnis tot twee jaar tronkstraf vir sy neutraliteit

Broer Gendjijef gevonnis tot twee jaar tronkstraf vir sy neutraliteit

Uitspraak

Op 19 Januarie 2021 het ’n hof in Turkmenistan broer Weniamin Gendjijef tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir sy gewetensbeswaar.

Profiel

Weniamin Gendjijef

  • Gebore: 2000 (Seidi)

  • Agtergrond: Grootgeword as een van Jehovah se Getuies. Het ’n verkondiger geword op die ouderdom van 15. Gedoop op 19. Bekend vir sy nederigheid en dat hy maklik met ander kan praat

    Opgelei as ’n werktuigkundige. Hou daarvan om kitaar te speel. Skoolmaats het hom vir sy geloof gespot. Het geleer om sy Bybelse oortuigings te verdedig

Geskiedenis van saak

In Julie 2018 is Weniamin tot een jaar tronkstraf gevonnis vir gewetensbeswaar. Hy was op 25 Junie 2019 uit die tronk vrygelaat.

Op 25 Desember 2020 is hy beveel om na die aanklaer se kantoor in die Djanef-streek te gaan. Die owerhede het hom gevra om op skrif te verduidelik hoekom hy weier om militêre diens te doen. Op 30 Desember 2020 het die aanklaer se kantoor hom laat weet dat ’n tweede kriminele saak teen hom gemaak is. Sy paspoort was weggeneem.

Weniamin sê oor sy eerste tronkstraf: “Ek kon Jehovah se ondersteuning voel. Dit het my krag gegee, en my geloof was versterk. Ek het tot Jehovah gebid en met die ander mense in die tronk oor die goeie nuus gepraat, wat my gehelp het wanneer ek mismoedig gevoel het.

“Terwyl ek in die tronk was, het my ouers my vertel dat ander aan my gedink het al kon hulle my nie besoek nie. Hierdie ondersteuning het my gehelp om tot aan die einde van my vonnis te volhard.”

Een vers wat Weniamin veral krag gegee het, is Jesaja 54:17. Dit sê gedeeltelik: “Geen wapen wat gemaak word om jou aan te val, sal enige sukses hê nie.” Bybeltekste soos hierdie, saam met ons gebede, sal hom help om hierdie toets van sy geloof te verduur.