Spring na inhoud

Broer Ihlosbek Rozmetof

22 JANUARIE 2021
TURKMENISTAN

Broer Ihlosbek Rozmetof tot tweede tronkstraf gevonnis vir gewetensbeswaar

Broer Ihlosbek Rozmetof tot tweede tronkstraf gevonnis vir gewetensbeswaar

Uitspraak

Op 19 Januarie 2021 het ’n siviele hof in Turkmenistan broer Ihlosbek Rozmetof skuldig bevind. Hy is tot twee jaar tronkstraf in ’n hoësekuriteitsgevangenis gevonnis omdat hy geweier het om militêre diens te doen as gevolg van sy godsdiensoortuigings. Dit is die tweede keer dat hy tronk toe sal gaan vir sy neutraliteit.

Profiel

Ihlosbek Rozmetof

  • Gebore: 1997 (Andalib)

  • Agtergrond: Hy het twee susters, en toe hy net tien jaar oud was, het hy ná skool begin werk om te help om sy gesin te ondersteun. Hy geniet dit om sport te speel, boeke te lees en na musiek te luister. Sy ma het in 2010 die Bybel begin studeer, en hy het een jaar later begin studeer

Geskiedenis van saak

Op 11 Julie 2018 is Ihlosbek Rozmetof, wat toe 20 jaar oud was, tot een jaar tronkstraf gevonnis en na die Seidi-strafkamp gestuur as gevolg van sy gewetensbeswaar teen militêre diens. Hy was vrygelaat nadat hy sy hele tronkstraf uitgedien het. Volgens die wet in Turkmenistan kan hy twee keer vervolg word vir gewetensbeswaar.

Op 25 November 2020 was Ihlosbek weer opgeroep vir militêre diens. Hy het op ’n respekvolle manier sy Christelike oortuigings verduidelik. Maar die owerhede het ’n kriminele saak teen hom gemaak, en hy het ’n langer tronkstraf gekry omdat dit die tweede keer is dat hy weier om militêre diens te doen.

Ihlosbek beskryf sy eerste ondervinding in die tronk as “baie moeilik”. Die Bybelverse wat hy gelees en gememoriseer het voordat hy tronk toe is, het hom gehelp om te volhard. Dit het Ihlosbek veral gehelp om oor Filippense 4:6, 7 na te dink. Hierdie verse het hom daaraan herinner om “oor niks bekommerd [te] wees nie”, om vir die “vrede van God” te bid en om kalm te bly in moeilike tye. Ihlosbek sê: “Ek het die heeltyd tot Jehovah gebid in daardie moeilike tye, en ek het gevoel dat hy na aan my was.”

Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om Ihlosbek te versterk, sowel as almal wat op Hom hoop. – Jesaja 40:29-31.