11 FEBRUARIE 2021
TURKMENISTAN
Broer Nazar Allijef gevonnis tot een jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar
Uitspraak
Op 10 Februarie 2021 het ’n hof in Turkmenistan broer Nazar Allijef skuldig bevind en tot een jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar gevonnis.
Profiel
Nazar Allijef
Gebore: 2000 (Lebap-streek)
Agtergrond: Woon in Türkmenabat saam met sy ma, sy broer en sy suster. Hou daarvan om vlugbal en sokker te speel. Is gediagnoseer met hartprobleme. Hy sny hare om vir sy gesin te help sorg
Sy ma het hom geleer om lief te wees vir Bybelbeginsels. Is in 2015 gedoop toe hy 14 jaar oud was. Staan bekend as ’n gelukkige, vrygewige en nederige jong man. Sy gesin ondersteun sy neutraliteit
Geskiedenis van saak
Op 16 Mei 2020 was broer Nazar Allijef opgeroep vir militêre diens en na ’n militêre kantoor geneem. Die soldate het hom probeer dwing om ’n militêre uniform aan te trek, wat sou wys dat hy by die weermag aangesluit het. Hy het geweier. Op 28 Mei het Nazar met offisiere bymekaargekom en weer geweier om by die weermag aan te sluit. Die volgende maand het Nazar ’n brief aan die weermag geskryf om sy godsdiensoortuigings te verduidelik.
Op 4 Januarie 2021 het Nazar en sy ma na die aanklaer se kantoor in die Chojambaz-streek gegaan. Nazar het verduidelik hoekom hy weier om militêre diens te doen en gevra of hy alternatiewe diens kan doen. Ten spyte van alles, het die speurder gesê dat ’n saak teen Nazar gemaak sou word.
Nazar, wat nou 20 jaar oud is, sê: “Wanneer jy onder sulke omstandighede op Jehovah vertrou, gee hy jou innerlike vrede. Met Jehovah se hulp kan jy kalm wees wanneer jy praat.”
Hy vertel verder: “Wanneer ek dink aan wat gebeur het, besef ek dat Jehovah my altyd ondersteun het. Dit gee my die versekering dat hy my in die toekoms ook sal help.”
Turkmenistan bied nie alternatiewe burgerlike diens aan nie. As gevolg hiervan kan jong broers wat weier om militêre diens op grond van gewetensbeswaar te doen, tot twee jaar tronkstraf gevonnis word. Daar is nou 15 jong broers in Turkmenistan in die tronk vir hulle neutraliteit.
Ons weet dat Jehovah sal aanhou om “lojaal” te wees aan Nazar en ons ander jong broers in Turkmenistan. – Psalm 18:25.